2’de bierfees ‘n groot sukses

GEORGE NEWS FLASH – Die Thousand Sensations Crafted Beer and Food Festival is vanjaar twee jaar oud, maar is vir die eerste keer verlede naweek (Vrydag en Saterdag) by die Wilderness Hotel aangebied.

Die Thousand Sensations Crafted Beer and Food Festival is vanjaar twee jaar oud. Foto: Michelle Pienaar.
Die Thousand Sensations Crafted Beer and Food Festival is vanjaar twee jaar oud. Foto: Michelle Pienaar.

Feeseienaar en hoofborg, Alewijn Dippenaar, is hoogs in sy noppies met die fees se reuse sukses na twee dae se drink, skink en proe, verlede Vrydag en Saterdag.

“Vir die eerste keer het ons ‘n volwaardige signature event in Wilderness wat reg laat geskied aan die hopsverbouing in George,” het Dippenaar gesê.

Altesaam 26 bierbrouerye het aan die fees deelgeneem, van sover as die Cederberge, Stellenbosch, Kaapstad, Somerset-Wes, Hermanus, Clanwilliam, Roberston, Port Elizabeth en Natal. Plaaslik het brouerye van George, Mosselbaai, Knysna en Sedgefield hulle ware op die proe gestel.

Klik hier vir nog foto’s van die geleentheid

FOTO’S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD JOERNALIS

‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’

Share Button